Present Bishop

 

The Coate of Arms (Afrikaans)

Biskop Adam het nog altyd 'n sterk geestelike ingesteld-heid gehandhaaf, gegrond op die Eucharistie, as die ware kragbron van Christus se teenwoordigheid in sy persoonlike lewe asook in die kerk. Die wapen getuig van die sentrale Katolieke geloofs oortuiging, en wys heen na sy Eucharistiese toewyding as 'n daagiikse herhinnering van die liefde wat God aan die mensdom betoon deur sy Seun Jesus Christus.

Die Afrikaanse kunswerk wat aangebring is op die kelk en rondom die BROOD in die middel van die wapen, verwys na die Suid Afrikaanse geografiese agtergrond van sy bisdom, asook die Afrikaanse kultureie erfenis wat Biskop Adam van voomemens is om in sy ministerie uit te leef.

Die kruis met die hart in die middel van die brood, is beide die simbool van die saligheid van die werk van Christus en 'n essensiele karaktertrek van die spiritualiteit van die "Priests of the Sacred Heart" wat Biskop Adam aangeneem het as sy eie.

Die vis motief dui die konsep aan van die ingewortelde Christelike identiteit wat gesetel is in Jesus Christus, en waarop die Biskop in sy plaaslike kerk sal voortbou.

Sy godsdienstig lewe, priesterskap en biskopskap moet gesien word as 'n voortdurende uitnodiging om God se roeping uit te leef, soos uiteengesit in die aksioom "Ecce venio - Kyk ek het gekom om U wil te doen" Hebreers 10:9. "Ecce venio" dui aan op die leefwyse van Biskop Adam en sy wilskrag en bereidwillig-heid om God se wil te laat geskied, en om Horn te dien as herder van die Kerk van Christus.

Dit is dus duidelik dat die motiewe wat op die Biskop se simbolieke wapen aangebring is, die fundamentele eienskappe van Christus se verwantskap met die kerk, en die mensdom se verwantskapteenoormekaarbeklemtoon. Diekenmerkeinspireer en vorm ook die grondslag van die nuwe Biskop se daagiikse lewenswyse van gebed en arbeid.

'n Hartstogtelike wens vir toewyding tot eenwording deur die lewensgewende voedingskrag in Jesus Christus, word deur Biskop Adam toegewens aan die gemeente van die Bisdom van De Aar.

We use cookies to improve our website and your experience when using it. Cookies used for the essential operation of this site have already been set. To find out more about the cookies we use and how to delete them, see our privacy policy.

  I accept cookies from this site.
EU Cookie Directive Module Information