Voorbereidingsgebed vir ons Parogie Retret.

Voorbereidingsgebed vir ons Parogie Retret.

 
Barmhartige Jesus, skenk dat die besoek
van U heilige beeld van barmhartigheid in ons parogies
volop vrug in die lewe van alle families en mense sal oplewer.
O Here, omskep ons heeltemal tot U barmhartigheid
en maak ons 'n lewende weerspieëling van U.
O God Mag U onbegryplike barmhatigheid
deur ons harte en siele na ander uitgaan.
Help ons sodat ons siening barmhartig is,
dat ons nooit ander sal verdink
of volgens voorkoms sal veroordeel nie
maar sal sien wat mooi in hulle is
en hulle in hulself bevestig
Help ons Here dat ons gehoor barmhartig is
en gehoor sal gee en toepaslik
teenoor die lyding van ons broers en susters optree.
Help ons Here dat ons spraak barmhartig is
en nooit afbrekende uitspraak oor ons broers of susters uitspreek nie.
Mag ons woorde 'n wêreld skep
waar vertroue, vertroosting en vergifnis heers.
Help ons O Here dat ons hande barmhartig is.
Mag hulle die middel wees waardeur goed gedoen word
deur om ons naaste te dien
en op myself die swaarder en moeiliker werk te neem.
Help ons dat ons voete barmhartig is
en na my behoeftige naaste gaan
en saam met hulle in hulle pyn en lyding wandel.
Mag enige rus alleenlik 'n versterking wees
om ander te dien.
Help ons O Here dat ons harte barmhartig is,
dat ons die lyding van die ander sal aanvoel,
en dat bewus van ongeregtiheid
ons met medelye en barmhartigheid
vir gelykheid, menswaardigheid en eenheid sal werk.
Mag ons harte oop tot U barmhartigheid wees
en gehoor gee aan alle mense
selfs die wat ons sorg sal misbruik.
Barmhartige Jesus, omskep ons tot Uself.
U kan alles doen. Amen.

Heilige Suster Faustina......Bid vir ons,

Heilige Johannes Paulus II.....Bid vir ons.

We use cookies to improve our website and your experience when using it. Cookies used for the essential operation of this site have already been set. To find out more about the cookies we use and how to delete them, see our privacy policy.

  I accept cookies from this site.
EU Cookie Directive Module Information