Mary of Fatima 01

Gebed van Pous Francis vir die Jubeljaar

Gebed van Pous Francis vir die Jubeljaar van Barmhartigheid

new-logo-divine-mercyHere Jesus Christus, u het ons geleer om soos die hemelse Vader barmhartig te wees en het vir ons gesê dat die wat U sien, Hom sien.

Wys ons U aangesig en ons sal gered wees.

 

U liefdevolle aanblik het: Saggeus en Mattheus van geldelike verslawing bevry; die owerspelige vrou en Magdalena bevry om gelukkigheid alleenlik in geskape wesens te soek; het Petrus na sy verloëning laat ween asook die berouvolle misdadiger die Paradys verseker.

Laat ons hoor, asof die woorde wat U vir die samaritaanse vrou gesê het aan elkeen van ons toegespreek word: “ As u die gawe van God geken het.”

U is die sigbare gesig van die onsigbare Vader, van die God wat sy krag bowenal deur vergifnis en barmhatigheid bekend maak. Laat die Kerk U sigbare gesig van die Here in die wêreld wees; verrese en verheerlik.

U het gewil dat u dienaars ook in swakheid beklee moet wees sodat hulle medelye met die in onkunde en vergissing kan voel. Laat elkeen wat hulle benader voel dat hulle deur God uitgesoek en vergewe word.

Stuur U Gees en wy elkeen van ons met U salwing, sodat die jubeljaar van Barmhartigheid 'n genadejaar van die Here is en dat U Kerk met hernude geesdrif, die goeie nuus aan armes bring, om aan gevangenes en verdruktes vrylating te verkondig en aan blindes hestel van gesig.

Ons vra dit van U Here Jesus deur die voorspraak van Maria, Moeder van Barmhartigheid.

U wat leef en regeer met die Vader en die Heilige Gees, vir ewig en altyd. Amen.

 

We use cookies to improve our website and your experience when using it. Cookies used for the essential operation of this site have already been set. To find out more about the cookies we use and how to delete them, see our privacy policy.

  I accept cookies from this site.
EU Cookie Directive Module Information