Kersfees 2016

Diocese of De Aar

Bishop’s House

Phone:053-6311149                                                                                  Fax:  0862625032
1   Van Riebeeck Street
   P.O.Box   73  
De Aar 7000,
 South Africa

____________________________________________

Kersfees 2016

Liewe Broers en Susters,

Die Jaar van Barmhartigheid, wat in 2015 deur Pous Francis tydens die Fees van Christus die Koning aangekondig was, is gedurende die viering van ons Bisdomlike Dag in De Aar in November 2016 afgesluit. Gedurende die Jaar van Barmhartigheid het ons die liggaamlike en geestelike werke van Barmhartigheid bepeins. Deur hierdie bepeinsing was ons in staat om ons persoonlike en parogiese resolusies te vorm. Baie van julle het hartverskeurende stories vertel van hoe julle gedurende die afgelope jaar diep aangeraak was en hoe julle verander het deur die Barmhartigheid van God in julle lewens te ervaar. Dit was ‘n lewende testament van wie ons werklik is as Christene en wie ons moet wees; nie net gedurende ons spesiale kerkgebeure nie, maar ook in ons daaglikse omgang met ander in ons kerkgemeenskappe en in die samelewing. Daar is baie redes hoekom ons moet voortgaan op hierdie pad en hoekom ons die liggaamlike werke van Barmhartigheid moet beoefen. Hier is net ‘n paar:

Eerstens, nie net die Advent seisoen nie, maar ook die ADVENT (intrede) van ons lewens is die tyd om ons self daaraan te herinner dat Emmanuel (beteken God-is-met-ons) is met ons. Ons behoort sy teenwoordigheid in ons daaglikse aktiwiteite te bevestig deur ons goeie Christelike lewens, in ons verhoudings met ander, en veral in ons verhoudings met ons gesinne. Die liturgie van Advent het ons voorberei om Christus se vleesgeworde liefde tussen ons te herdenk en om Hom welkom te heet in ons midde, met harte gevul met liefde, vrede en blydskap. Dit is hoekom ons gedurende Kersfees mekaar met vreugde begroet en sing van blydskap, liefde en vrede in ons Kersliedere. Kersfees is ‘n pragtige tyd en soms emosioneel. Maar hierdie moet nie net vir Kersfees wees nie. Die liggaamlike werke van van barmhartigheid, wat ons blyk om net vir Kersfees te bewaar, is die beste geskenke en tekens van liefde wat ons aan Christus en ons broeders en susters kan offer dwarsdeur die jaar. Ons moet dit ook vir ons self gee deur ons verhouding met Christus te versterk en ons Christelike identiteit te herbevestig.

Tweedens, die komende jaar (2017) sal die 100ste herdenking wees van die verskyings van onse Liewe Vrou by Fatima (Portugal). Gedurende haar verskynings het onse Liewe Vrou gesoebat vir gebed en bekering. Haar pleitdooi is nog steeds belangrik. Ons moet gedurig bekeer. Om getrou te wees aan haar Seun, word ons geroep om nie net vir die bekering van sondaars te bid nie, maar ook om aan te hou bid vir ons eie bekering. Deur om die werke van Barmhartigheid uit te voer, bevestig ons ons ware liefde vir Christus en onse Liewe Vrou. Ons word deur St James vertel: “Geloof sonder goeie werke is dood!” Ek het altyd gesê dat die verskynings van onse Liewe Vrou by Fatima, veral die laaste een op die 13de Oktober, was ‘n oomblik wat die geloof van party mense versterk het en die geloof van andere geskud het. Ons weet dat baie ongelowiges na Fatima gegaan het om te bewys dat die Fatima kinders verkeerd was. Maar baie van hierdie ongelowiges was binne ‘n oomblik bekeer deur die wonderwerk wat hulle daardie dag ervaar het. Maar ons soek nie na wonderwerke nie: ons ervaar ons wonderwerk deur die Euchartistie en die ander Sakramente in ons Kerk. Maar, om ons in staat te stel om te glo, moet ons geloof gewortel wees in Christus – Christus vir wie ons aanbid as die nuut-gebore Kind gedurende Kersfees.

Derdens, 2017 sal ‘n spesiale jaar wees vir ons Biskopdom van De Aar. Gedurende 2017 sal ons die Jubeljaar van ons Biskopdom vier. Vyftig jaar gelede, op die 13de April, 1967, deur ‘n Dekreet van die Heilige Stoel, was die vorige Prefektuur van De Aar opgehef na die status van Bisdom. Ons sal ook die Here bedank vir so baie getroue Biskoppe, Priesters, Susters, Lede van ons Families en Vriende wat hy aan ons gegee het wat voor ons gekom het en die wat nog steeds saam met ons lewe, wie gegee het en wat nog steeds getuienes lewer van die lewende God, Christus onse Here, die Immanuel. Die Jubeljaar sal ‘n tyd vir ons almal wees om die Geloof wat deur ons voorgangers aan ons oorgegee was te bevestig en, vir die wat nog steeds lewe, om die vreugdes en uitdagings wat deel is van die Biskopdom van De Aar te ontdek en te verkwik. Gedurende die aankomende jaar sal ons die uitdagings wat veroorsaak is deur die vertrek van Vaders Bamabata (Ntsikelelo) en Chapalamadugu (Gerard) uit die Biskopdom moet trotseer. Dieselfde tyd, verwelkom ek Vader Zbigniew (Ziggy) Piezcuro wat die Graaff-Reinet gemeenskap sal bedien. Hierdie veranderinge sal al die parogies wat hulle tydroosters van aktiwiteite sal moet hersien aanraak, veral die Sondagmisse. Dit sal ‘n uitdaging vir almal van ons wees, veral vir parogies waar die veranderinge moet plaasvind; maar ek hoop dat die Nuwe Jaar ook vir ons selfs ‘n dieper worteling van ons geloof in Christus sal wees.

Tydens hierde Kersfeestyd en aan die einde van die jaar, bedank ek al julle dierbare Gemeentelede wat ookal julle vlak van betrokkenheid in die Biskopdom asook my Medewerkers wat betrokke is by pastorale werk. Dit was nie ‘n maklike jaar nie; maar met God se genade en julle deursettingsvermoë sal ons met ‘n glimlag kan sê dat ons in staat was om die take wat deur ons biskdomlike pastorale plan neergelê was te voltooi. Dank die Here, en dank julle Almal!

Daarom, wanneer ons “Joy to the world, the Lord has come…” gedurende hierdie Kerstyd sing, laat die geluk, vrede en liefde weerspieël binne ons en ons lewens, die vereniging met Christus, ons Immanuel. Laat die Nuwe Jaar gevul wees met hoop vir ‘n beter wêreld en laat ons harte gevul wees met vreugde, en ‘n gevoel van tuishoort by Christus en ons Gemeenskap, onder die beskerming en leierskap van onse Liewe Vrou, die Moeder van God.

Ek wens julle ‘n geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwe Jaar toe; ek verseker julle van my gebed, nie net gedurende Kersfees nie, maar deurgaans die jaar.

Bishop Adam Musialek SCJ

   Bishop of De Aar Diocese

We use cookies to improve our website and your experience when using it. Cookies used for the essential operation of this site have already been set. To find out more about the cookies we use and how to delete them, see our privacy policy.

  I accept cookies from this site.
EU Cookie Directive Module Information